Skoolreëls

SKOOLREËLS
GEDRAGSKODE
Laerskool Fairland streef daarna om ‘n standaard wat aanvaarbaar vir leerders, kinders, ouers en personeel is, ten opsigte van dissipline te handhaaf. Erkenning word gegee aan goeie gedrag, terwyl onaanvaarbare gedrag gestraf word. Die gedragskode geld op die skoolterrein, gedurende skooluitstappies en skooltoere, tydens naskoolse bedrywighede, tydens sport- en kultuurdeelname en te alle tye wanneer ‘n leerder in skooldrag geklee is.

  • Daar word van leerders verwag om te alle tye hoflik en met die nodige respek teenoor mede-skoliere, leiers, onderwysers en besoekers by die skool op te tree.
  • ‘n Kultuur van akademiese, sport- en kultuurontwikkeling moet te alle tye nagestreef word.
  • Leerders moet ‘n voorbeeld stel ten opsigte van voorkoms en gedrag binne en buite skoolure.
  • Geen leerder het die reg om inbreuk te maak op ‘n ander leerder se onderrigtyd of om ‘n ander leerder liggaamlik skade te berokken nie.

Ouerbetrokkenheid speel ‘n kardinale rol by die opvoeding van leerders en die personeel sal nie huiwer om ouers te skakel indien ‘n leerder se gedrag kommer wek nie. Die probleem sal dan in samewerking met die ouers aangespreek word.


ALGEMENE REËLS
AANTREE
Aan die begin van die skooldag tree leerders in klasverband voor hul betrokke klasse aan. Voor tweede pouse tree leerders aan op aantreeblokke. (Ma. – Do.) Na pouses beweeg leerders vinnig na hul onderskeie klaskamers. Vir saalgeleenthede tree leerders aan op aantreeblokke en beweeg na binne.

AFWESIGHEDE
Leerders mag slegs weens siekte of om ‘n ander goeie rede van die skool afwesig wees. Ouers moet in die studiegids aandui wat die rede vir die leerder se afwesigheid was. ‘n Leerder wat afwesig was vir ‘n toets, moet self reëlings met die betrokke onderwyser tref om die toets te skryf.

TERREIN VERLAAT TYDENS SKOOLURE
Niemand mag sonder toestemming die skoolterrein verlaat nie, pouses ingesluit. Leerders moet deur ouers in die administratiewe kantoor uitgeteken word. Geen leerder mag sy/haar ouers skakel om gehaal te word nie. Slegs die kantoor mag dit doen.

LAAT OPDAAG
Leerders moet soggens betyds by die skool wees vir opening.

SKOOLTERREIN
Geen leerders word gedurende pouses, voor skool of na skool in die klaskamers of saal toegelaat sonder toestemming nie. Elke leerder is medeverantwoordelik om die geboue, meubels, apparaat en terrein netjies en skoon te hou. Vandalisme is ‘n baie ernstige oortreding en daar sal streng opgetree word teen ‘n leerder wat hom hieraan skuldig maak. Geen leerder sal gedurende vakansies en naweke sonder toesig op die terrein toegelaat word nie. Dit is ‘n gevaarlike situasie want leerders kan beserings opdoen en daar is nie beheer indien vreemde persone op die skoolterrein is nie. Leerders wat na skoolure vir hul ouers wag, moet by die sirkel voor die hoofhek wag.

GEDRAG IN KLASKAMERS

  • Geen leerder mag gedurende lesure eet of drink nie.
  • Elke leerder moet sy uiterste bes doen om orde te handhaaf en sy deel by te dra dat die werk kan vlot.
  • Geen speelgoed mag skool toe gebring word nie.
  • Geen radio’s, MP3-spelers of Ipod’s mag skool toe gebring word nie.
  • Daar mag onder geen omstandighede op die meubels geskryf of gekrap word nie.
  • Tafels, banke en stoele moet in ordelike rye gelaat word en geen papiere mag rondgestrooi word nie.

KLASWISSELING
Leerders beweeg vinnnig in rye na die volgende klas. Geen hardlopery of geselsery word op die stoepe toegelaat nie. Leerders moet aan die linkerkant van die stoep hou.

HANDBOEKE
Leerders moet alle handboeke voorsien van ‘n plastiekoortreksel. Die boeke moet opgepas word en indien ‘n boek verlore raak, moet vervangingskoste betaal word.

TUISWERK
Die leerders moet alle tuiswerk in studiegids skryf. Tuiswerk moet daagliks neergeskryf word en deur ouers gekontroleer word.

KLEEDKAMERS
Kleedkamers moet netjies en skoon gehou word. Daar mag onder geen omstandighede in kleedkamers gespeel word nie. Smiddae word die kleedkamers by die sportterrein gebruik sodat die ander skoongemaak kan word.

VLOEK OF VUIL TAAL
Geen vuil taal of vloekwoorde mag gebruik word nie. Let te alle tye op goeie taalgebruik.

BESITTINGS VAN ANDER
Geen leerder mag in ‘n ander leerder se tas of sportsak krap nie. Geen tasse of sportsakke van ‘n ander mag verwyder word of van een plek en na ‘n ander plek geskuif word nie. Die wegsteek van tasse en/of sportsakke word as ‘n baie ernstige oortreding beskou.

SELFONE

Selfone moet soggens voor skool by die kantoor ingehandig word en kan aan die einde van die skooldag weer afgehaal word.

Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid as duursame items soos selfone, MP3-spelers of Ipod’s wegraak nie.


BOELIE-BELEID
Ons by Laerskool Fairland dra by tot die vestiging van ‘n gemeenskap waarin elkeen veilig en gewaardeerd sal voel, waar individuele verskille verstaan en aanvaar word. Elke leerder het die reg om sy tyd wat by die skool gespandeer word, te geniet.

    1. Grondbeginsels van Laerskool Fairland:

      Ons, die leerders, personeel en ouers van Laerskool Fairland

      • duld nie boeliery nie
      • respekteer mekaar se reg tot menswaardigheid
      • beloof om ‘n veilige skool-milieu te bevorder
      • respekteer en waardeer elke persoon se unieke persoonlikheid
    2. Doelwitte:

      Die doelwit van hierdie anti-boeliebeleid is om:

      • ‘n veilige, opvoedkundige omgewing te voorsien
      • kinders teen boeliery te beskerm
      • ondersteuning te verskaf aan slagoffers, boelies en ouers
      • riglyne te verskaf hoe om boelies te hanteer.
      • elke leerder aan te moedig om ander leerders te respekteer.
    3. Definiëring van boeliery:

      Vir die doel van hierdie beleid word boeliery gedefinieer as die volgende: Om iemand te boelie is ‘n moedswillige, bewuste begeerte om ‘n ander persoon wat in ‘n swakker posisie is as jy, deur fisiese, sielkundige of verbale mishandeling kwaad aan te doen.

      Om iemand te boelie sluit die volgende in, maar is nie beperk daartoe nie:

      • skop en slaan
      • uitskel
      • terg of spot
      • naamskelding
      • die gebruik van dreigende gebare
      • die verspreiding van aaklige gerugte
      • om ‘n persoon opsetlik te isoleer van aktiwiteite
      • om familielede te beledig
      • om iemand se eiendom te beskadig
    4. Regte en verantwoordelikhede:

      By Laerskool Fairland, het elke leerder die

      Reg Verantwoordelikheid
      Om veilig te voel Om jouself te respekteer
      Om te leer en te groei Om ander te respekteer
      Om gerespekteer te word Om ander te ondersteun
      Om gewaardeer te word Om empatie en begrip te toon
      Om verskillend te wees Om regverdig te wees
      Om nie geboelie te word nie Om boeliery te rapporteer
  1. Voorkoming en pro-aktiewe optrede

    Leerders word op gereelde basis, tydens saalopening en ook in die registerklasse, herhaaldelik van die skoolreëls en ook die gedragskode bewus gemaak.

    Die proses van ontmaskering word aangemoedig:

    • Skreeu baie hard: “Piet Smit, ek hou nie daarvan as jy my slaan nie!” Dit is baie belangrik om te fokus op die naam van die boelie, hoe jy voel as jy geboelie word en wat die gedrag is waarvan jy nie hou nie.
    • Gaan onmiddellik daarna na ‘n leier of ‘n onderwyser wat aan diens is.
    • Gaan na die persoon gemoeid met dissipline, die skoolhoof en/of die “Boelie Buster”. Verkla die boelie.
    • Verdedig jouself slegs as jy voel dat jou lewe in gevaar is.
    • Die proses van ontmaskering moet dadelik begin wanneer jy die eerste keer geboelie word. Moenie wag nie!

Dit word benadruk dat elke leerder uniek is en leerders mag maar van ander verskil!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s