Inligtingsentrum

Ons Leer 

Inligtingsentrum

Inligtingsvaardighede word vanaf gr. 1 tot gr. 4 aangebied.  Hier word leerders toegerus met die nodige vaardighede om inligting te versamel, te bestuur en weer te gee.  ʼn Liefde vir lees word deurentyd aangemoedig.  Ons is baie geesdriftig oor lees en leerders word aangemoedig om aan verskeie projekte deel te neem.

  • ATKV-kinderboektoekenning, gr. 1 tot gr. 7: stem vir jou gunsteling boek!
  • Boek Buddies is ʼn Afrikaanse toneelgroepie wat die ATKV-boeke op gedramatiseerde wyse aan die leerders kom voorstel.
  • Story Skirmish,gr. 4 en gr. 5.
  • Battle of the Books, gr. 6 en gr. 7: Vasvrakompetisie
  • WOW-spelfees: Spel was nog nooit soveel pret nie!
  • Wêrelddag vir Wiskunde, gr. 4 tot gr. 7.
  • Wêreld-stemdag vir Kinderregte. Staan op jou regte!
  • Wêrelddag vir Boeke. Leerders word aangemoedig om hul eie stories te skryf, boekmerke word gemaak en medialeiers trek aan soos sprokieskarakters om die leerders te vermaak.  Ons vier dié dag in April en ook weer tydens geletterdheidsweek in September.

Daar is verseker ʼn leeskultuur by Laerskool Fairland geskep en ons glo elke leser vind daarby baat. 

COW’s

“Computer on Wheels” is beskikbaar vir navorsing en die verkryging van inligting vir taakwerk.  Leerders kan van die drukker gebruik maak om inligting uit te druk vir taakwerk.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s